Tuis   |    Kontak Ons    |   Wie is Ons    |    Ons Gemeentes    |    Belangrike Datums    |    Ons Eredienste    |    Missie   |    Visie    |    Personeel   |
Herderlike Versorging   |    Bedieningsfilosofie    |   Sewe Dimensies   |    Maandblad
Vaaldriehoek
Telefoonnommer: 016 004 0016
Eredienstye
Sondagoggende:                           08:15
Sondagoggende 2de diens:       10:15
Gons KinderKerk:                          08:15 en 10:15
Sondagaande:                               18:30
PREEKREEKS




Om God en mens liewer te hê
Die Lewe Met Ritme Toep (App)
Nou beskikbaar vir Android en IOS slimfone.
PREKE 8 MEI 2016
Oggend

SMS "lewe Met Ritme" na 49724
om 'n R30
bydrae te maak
R1,50/sms
WYSIWYG Web Builder
Aand
Oordenking 25 Mei 2016
Gons Kinderkerk
 
 
 
 
VISIE

Ons visie by Gons is om kinders te help om hulle GELOOF in
Jesus Christus te plaas, hulle te leer WIE God is en HOE Hy wil hê
hulle moet leef.
Ons bereik ons visie deur lesse, aktiwiteite en Ritme-oefeninge wat onvergeetlik en intensioneel so geskep is dat dit kinders in ‘n lewendige verhouding met Jesus Christus kan laat staan en groei.

MISSIE
ONS BEREIK ONS VISIE DEUR:
Bekwame personeel.
Wel deurdagte, lewenstoepaslike en leersame lesse.
Fokus die kinders binne sy/haar/hulle verwysingsraamwerk.
Opwindende, interessante hulpmiddels.
'n Veilige en liefdevolle atmosfeer vir die kind te skep.

ONS WAARDES BY DIE KINDERKERK

1. LEERSAAMHEID

Elke kind moet iets leer! Die lessies moet lewenstoepaslik op vandag se kind wees. Ken die Bybelverhaal wat vertel word ("Know-what?"), verstaan Bybelse waarhede van die storie ("So-what?") en hoe kan hy/sy dit in sy/haar lewe gaan toepas ("Now-what-vrae?")
Ons wil hê hulle moet die Bybelse waarhede in elke storie verstaan en dit in hulle eie lewens kan toepas. Deur relevant te wees, kan kinders sien dat God se Woord ook vir hulle geskryf is om hulle in hulle daaglikse lewe te help.
(Ps.119:11)
2. PRET

Dit is baie belangrik dat dit vir elke kind lekker by die Kinderkerk moet wees. Dit moet die lekkerste uur van elke kind se week wees! Ons kan slegs ons visie bereik en hulle help om geestelik te groei deur dit vir hulle lekker te maak en hulle aan te moedig om elke Sondag terug te kom Kinderkerk toe, sodat ons hulle geestelik vir hulle lewens kan toerus.
(1 Kor. 9:22)


3. VEILIG

Die kinderkerk moet `n veilige en liefdevolle omgewing
vir die kind wees.
(Mark. 10:14)


4. VERHOUDING

Daar moet tussen God en kind, kind en personeel, asook tussen kind en maats `n verhouding gebou word. Die effektiefste manier om kinders te leer, is deur in `n verhouding met die kind te staan.
(2 Tim. 2:2 & Hand. 2:42-47)


"Ons moet deur die oë van 'n kind kyk na als wat ons doen - om 'n kinderkerk te skep wat kinders leer, lief het en bereik!"
Ons ouderdomme is:
3-4 jariges Peuters
5-6 jariges Kleuters
7-8 jariges  Juniors   (Graad 1-2)
9-12 jariges Seniors   (Graad 3-6)